Vrouekeur article on Cornelia:

The following article appeared under Maretha Maartens' column on page 23 of Vrouekeur, Julie 2002:

... and zooming in a little bit on the wording of the article itself:

EK IS TROTS DAAROP DAT EK ...

... die ou dame vergewe het. Net God het my gehelp.

Hierdie is die een groot getuienis waarvoor ek nou al jare bid om dit met andere te deel. Alle eer aan God. Ek glo dat, om hierdie getuienis met mense te kan te deel, die enkele grootste rede is waarom God my uit die dood teruggebring het.

So ses jaar gelede het ek alle suksesse behaal wat 'n mens maar kan begeer: Ek was 'n suksesvolle elektroniese en rekenaaringenieur en stelselontwikkelaar. Ek het die were!d se eerste rekenaarprogram oor neurale netwerke geskryf en volkome werksbevrediging gehad.

Oor naweke het ek my adrenalien !aat pomp deur valskermspring,veldfietsrenne, Kung-Fu en White Water Raftingte doen. Ek het 'n reksprong van die Victoria-watervalbrug gewaag. Watter uitdaging ook al my pad gekruis het, het ek gedoen!

My lewe het totaal verander toe 'n vrou 'n stopstraat geignoreer en my motorfiets getref het. Ek is van die motorfiets afgeslinger, my helmet het losgekom en my skedel is met die trefslag teen die randsteen gebreek.
Na drie weke in 'n koma het 'n nuwe lewe vir my begin. Ek moes van voor af leer loop en praat. Na meer as 20 operasies en jare van terapie, kan ek glad nie enige van die opwinding van my vorige lewe geniet nie. Ek het ruggraat- en rugmurgbeserings. Fisieke oefen!ng kan weer brelnbloedlng veroorsaak. Ek is konstant in pyn, kan net tot tien tel, sukkel om te begryp wat ek lees of sien en het alle herinneringe van my vorige lewe verloor.

Die vrou wat my raakgery het, is deur twee howe aan roekelose bestuur skuldig bevind, maar tot die dag van haar dood in Desember 2000, het sy volgens haar niks verkeerds gedoen nie. Sy het nooit met my in aanraking gekom nie. Dit was die heel moeilikste aspek van vergifnis: dat sy, volgens haar die "onskuldige", geen vergifnis nodig gehad het nie. Omdat ek net geweet het sy is 'n bejaarde vrou, het ek alle bejaarde vroue begin haat. Ek het vir my 'n slaansak gekry, dit na haar vernoem en al my frustrasies daarop uitgeslaan. Ek moes myself regtig beheer om nie oor elke bejaarde vrou wat te stadig oor die pad loop, te ry nie!

Hierdie onvergewensgesindheid het my verteer. Ek was verbitterd, het mense vermy en hulle met my aggressie probeer verstoot.

Onvergewensgesindheid is soos 'n handgranaat. Jy moet so gou as moontlik daarvan ontslae raak, anders vernietig dit jou. Die mens wat jou vergifnis nodig het, weet nie waardeur jy gaan nie en word nie daardeur geraak nie. Ek was die naaste aan selfvernietiging gedurende Paasfees 1998 toe ek 'n maand in Denmar, 'n psigiatriese kliniek, deurgebring het om deur my frustrasies te werk.

'n Deel van die terapie was om 'n brief aan die vrou te rig, waarin ek my frustrasies op papier uiteengesit het. Nadat ek ontslaan is, wou ek vreeslik graag he die vrou moet die haatbrief kry. As nuwe Christen het ek egter ook geweet dat God my bevee! om te vergewe. Maar ek was baie verward om vergifnis te gee aan iemand wat nie reken dis nodig nie.

Ek het met predikante en ander mense hieroor gepraat. Ek het aantekeninge gemaak en bly lees om te probeer verstaan. Die vrou maar se predikant het geweier om aan haar die Denmar-haatbrief te gee. MAAR hy het ook gese ek moet eendag wanneer ek gereed is daarvoor nog 'n brief aan haar skryf waarin ek haar vertel wat die gevolge van haar roekelose en nalatige bestuur was. En dat ek haar vergewe.

'n Jaar lank het ek hiermee geworstel. Toe, in 1999, gaan ek op my eerste kerkkamp. Ek was in fisieke pyn. Toe le een van die vroue van ons gebedsgroep my die hande op en bid vir my. Daar en dan het ek 'n visioen van God gekry dat ek eendag aan groepe mense oor die wonders wat God vir my gedoen het, sou getuig. Maar ek moes eers van die wortel van bitterheid en onvergewens- gesindheid diep binne my ontslae raak.

Ek was eindelik geestelik gereed om die vrou te vergewe. Deur die werking van die Heilige Gees kon ek in 'n brief vir haar se wat die gevolge van haar roekelose bestuur was, MAAR dat ek haar vergewe!

Dis eers nadat haar predikant aan haar hierdie brief gegee het, dat my nuwe lewe tot eer van God regtig begin het.

My derdepaltysaak, wat sewe dae van uiterste pyn en vemedering in die Hooggeregshof sou wees, is buite die hof geskik. Ek het 'n ander Hooggeregshofsaak gewen om my katte te behou; die Heilige Gees het my getuienisse op papier uiteengesit; God help my om my getuienis met groepe mense te deel. Hierdie is seker my grootste oorwinning tot dusver - om uiteindelik die een getuienis, oor vergitnis, waarvoor ek SO lank gebid het, met julie te deel. God wil net hê dat ons Hom moet gehoorsaam, dan val alles skielik in plek. Terloops: God het darem maar 'n wonderlike humorsin. Sedert ek aktief by die vrouehulpdienste van ons kerk betrokke is, is bejaarde vroue my beste vriendinne!

Eendag, tydens 'n selgroepbyeenkoms waar ek my getuienis gelewer het, het 'n gelowige 'n protetiese visie gekry van 'n massiewe Middeleeuse ysterbal vol spykers. Die uitleg het later gekom, na my getuienis oor vergifnis. My aanvanklike onvergewensgesindheid het my belas, gehinder en gestrem soos 'n massiewe ysterbal wat in my liggaam ingespyker was. Dit is 'n kragtige beeld van die trefkrag van onvergewensgesindheid en die skade wat dit 'n mens kan berokken.

Het jy geweet dat, as jy die woordjie VER-GIF-NIS ontleed, jy net van die GIF in die middel ontslae moet raak, waama jy oortrek sal word met God se wonderlike en genadige VER-NIS?

-Cornelia Raath, Pretoria E-pos: cornelia@netactive.co.za