Rekord articles on Cornelia:

Please note that the exact wording in the highlighted paragraphs lead to the development of the CrisisOnCall identification system, which resulted in Cornelia being the proud Mentor of CrisisOnCall

The following article appeared on the front page of the Rekord Noord community newspaper of 6 September 1996 ...

... and in the Rekord Oos community newspaper of 13 September 1996 ... both VERY, VERY soon after the accident:

... and zooming in a little bit on the wording of the last article itself:

Ingenieur veg terug na 'n grusame ongeluk

Rix Bezuidenhout

'n ERNSTIGE ongeluk het die lewe van 'n regte rabbedoe wat nooit bang was vir bungy- of valskermspring en kragtige motorfietse nie in 'n oogwink verander.


Cornelia Raath, 26, was 'n elektroniese ingenieur by die WNNR toe sy op 1 Mei van haar motorfiets afgeslinger is deur 'n motor wat nie by 'n stopstraat stilgehou het nie.


Vandag kan sy niks van haar studieveld, rekenaars, onthou nie en het sy die korttermyn-konsentrasievermoe van 'n kind in standerd een.


Cornelia was op pad om te gaan oefen by 'n gimnasium in Hatfield toe die ongeluk gebeur het. 'n Ooggetuie, mnr Hendrik Tempel, het gesien hoe Cornelia oor die enjinkap van die motor sweepslag voor sy op die teerpad geval het.


In die proses het die momentum haar valhelm van haar kop afgeruk. Sy het op haar maag te lande gekom.


Mnr Tempel het haar omgedraai, gesien dat sy blou in die gesig is en nie asemhaal nie. Sy vinnige optrede het haar lewe gered. Hy het haar lugwee oopgemaak en mond-tot-mond asemhaling toegepas totdat 'n ambulans opgedaag het.


Toe die polisie op die toneel kom, het hulle vasgestel wie sy is deur middel van haar motorfiets se registrasienommer.


Haar familie is egter ongelukkig omdat hulle geen moeite gedoen het om die naasbestaandes op te spoor nie.

Please note that the exact wording in the following paragraphs lead to the development op the CrisisOnCall identification system, which resulted in Cornelia being the proud Mentor of CrisisOnCall:

Cornelia is na 'n hospitaal in Arcadia geneem. Hulle wou haar egter nie opneem nie, omdat daar in die stadium geen identifikasie van haar beskikbaar was nie.


Sy is toe na die HF Verwoerd- hospitaal geneem. Ongeveer om 10 nm het mnr Tempel en sy vrou, Erika, Cornelia in die hospitaal gaan besoek. Hulle was bekommerd omdat haar naasbestaandes nie van die ongeluk geweet het nie. Mnr Tempel kon eers die volgende oggend haar besonderhede by Munitoria kry.


Cornelia is opgeneem met vry bloeding uit die brein, ernstige skedelbreuk, en 'n deel van die been was weg. Sy was drie weke in 'n koma.


Sy het aan geheueverlies gely en moes van voor af leer loop en praat. Sy kan nie meer bestuur nie en sien byna daagliks verskeie dokters en terapeute.


Nadat Cornelia 'n maand uit die hospitaal was, is gevind dat haar skouerligamente geskeur is, haar elmboog en kniee is beseer, haar lewer is beskadig, 'n bobeenspier is geskeur en sy het spasma in die nek en rug.


Daar is ook vasgestel dat haar visie foutief is en haar oorsenuwees beskadig is. Dit het belansprobleme veroorsaak.


Omdat sy soveel beserings het, moet sy eers 'n rehabilitasieprogram volg voordat sy opereer kan word.


Haar pragtige lang hare is tot teen haar kopvel afgesny.


Die ergste van alles is dat die ingenieur wie se vakgebied rekenaars was, nou niks meer van rekenaars af weet nie. Sy het bykans geen korttermyn-konsentrasie nie.


Sy was besig met verdere studie in rekenaarwetenskap en moes nou haar graad ontvang het.


Haar pa is 'n maand voor die ongeluk oorlede. Haar ma, Mattie, 'n inwoner van Wonderboorn, bly nou by haar in die woonstel.


Hulle is oorweldig deur die hulp en bernoediging van rnense vanoor die hele Pretoria.


Net die tyd sal leer wat Cornelia se kanse op herstel is.