Finesse article on Cornelia:

The following article appeared on pages 32 & 32 of Finesse, Desember 2000:

... and zooming in a little bit on the wording of the article itself:

Wonderwerk

Tweede kanse

Die hoogste reksprong ter wereld, die skepper van 'n rekenaarprogram wat die menslike denkproses simuleer. Dit was maar net 'n paar van die rits prestasies waarop Cornelia Raath kon roem.

En toe word dit weggeneem sodat haar verstand nie meer werelde kan versit nie.


Sowat vier en 'n half jaar gelede was ek ongelooflik suksesvol as mens die wereld se standaarde as maatstaf neem: in die eerste 26 jaar van my lewe het ek meer mylpale bereik as wat party mense kan hoop om gedurende hul hele leeftyd reg te kry.

PRESTASIES OP 'n RY

Elektroniese Ingenieurswese was my eerste groot uitdaging. Nadat ek my graad suksesvol voltooi het, is ek as Elektroniese lngenieur by die WNNR aangestel. My loopbaan het koers gekry en ek het dit met 'n ongekende passie beoefen. In die proses het ek 'n rekenaarprogram ontwikkel, 'n wereld-eerste, gebaseer op Neurale Netwerke (die simulasie van die menslike brein om besluite te neem). Krygkor en die Suid-Afrikaanse Lugmag gebruik hierdie program nog steeds elke dag. Ook het ek deeltyds rekenaarwetenskap deur UNISA studeer.


Asof dit nie genoeg was om die adrenalien te laat pomp nie, het ek my naweke gevul met valskermspronge, witwaterroei en rekspronge. 'n Hoogtepunt was my sprong by die Victoria-waterval - toe die hoogste reksprong ter wereld! Veldrenne met my motorliets en Kung Fu-gevegte het my lewe nog meer opwindend gemaak. Geen uitdaging was te groot vir my en my briljante brein nie.


En toe, in 'n oogwink gryp God in my lewe: tydens 'n dramatiese gebeurtenis verloor ek alles waarop ek so hard staat gemaak het. Op 1 Mei 1996 het ek in die loop van die vakansiedag vriende van my se tuisrekenaar herstel. Vandaar het ek met my motorfiets na die gimnasium gery. Op pad daarheen ignoreer 'n vrou die stopstraat wat aansluit by die besige pad waarin ek gery het, en bots teen my motorliets. Die is onherstelbaar beskadig in die botsing. Die geweld van die botsing het my van my motorliets afgeslinger en ook veroorsaak dat my valhelm loskom. Die impak van my val teen die randsteen het my skedel gekraak.


Maar God stuur sy engele om ons te bewaar. 'n Man wat agter my gery het ten tye van die ongeluk was 'n ooggetuie van die hele gebeurtenis. In sy ooggetuieverslag meld hy dat ek reeds potblou in die gesig was toe hy oor my gebroke liggaam gebuk het. Hy kan geen asemhaling waameem nie, my oë was omgedop. Basies was ek dus dood. En tog het hy onmiddellik mond-tot- mond-asemhaling begin toepas - sodoende word ek 'n tweede kans gegun.


Ten tye van die ongeluk het ek geen dokumentasie en identifikasie by my gehad nie. Om die rede het twee privaat hospitale geweier dat ek opgeneem word. Met my opname in die HF Verwoerd-hospitaal is ek as onbekend en breindood eenkant laat lê om te sterf.


Weer red dieselfde man my lewe toe hy die volgende dag na my welvaart kom verneem. Hy het daarop aangedring dat daar aandag aan my gegee word en ek is daardie oggend geopereer om die gebreekte skedel en breinbloeding te behandel. Drie weke lank het ek in 'n koma gelê.


Die Cornelia wat uit die koma ontwaak het, was werelde verwyder van die sorgvrye adrenalien-junkie van voor die ongeluk. AIles was weg! My pa, wat 'n maand voor die ongeluk oorlede is, het nie vir my bestaan nie. Ek kon niemand onthou nie. Maar die ergste van als was dat my kennis wat ek met al my studies versamel het, ook in die niet verdwyn het. Op foto's, sertifikate, universiteitsartikels en joernale kon ek bewyse van my vorige bestaan vind, maar ek kon niks daarvan onthou nie. Die Here het my gestroop van my argwaan, my langtermyngeheue was uitgewis.


Soos 'n baba moes ek nou van voor af leer om te praat en loop. Ek kon nie eers tot by tien tel nie en het vas geglo ek het twintig vingers. Uit die aard van my beserings is ek op die jeugdige ouderdom van 28 jaar medies ongeskik verklaar om te werk. Wat 'n teleurstelling vir iemand wat volkome werksbevrediging gesmaak het!


Vir meer as twee jaar na die ongeluk het ek mense doelbewus vermy. My onvermoë om te doen waarin ek vroeer uitgeblink het, en alles wat ek verloor het, het my geweldig minderwaardig laat voel. Ander probleme wat ek ervaar het, is om met begrip te lees of met konsentrasie na televisieprogramme of films te kyk en natuurlik die geweldige probleem met my geheue ...

Wat was God se plan?

God se waarskynlike doel met hierdie ongeluk het stelselmatig vorm aangeneem . Gestroop van my aardse kruk, sukses en my besondere intelligensie, reik ek nou my hand uit na Jesus Christus. Ek neem Jesus aan as my enigste Verlosser en Redder; op Hom sou ek my hoop bou. Vir die eerste maal na my ongeluk kon ek mense weer in die oe kyk! My nuwe identiteit was in Christus gevestig; onvermoë om sekere dinge te doen, maak dan nie meer saak nie.


Christen-wees is nie altyd maklik nie en as nuwe Christen is ek voor die konsep van vergifnis geplaas. Ek moes 'n vrou vergewe wat in twee howe skuldig bevind is aan roekelose en nalatige bestuur, maar nog steeds volhou dat sy niks verkeerd gedoen het nie. Haar siening dat sy onskuldig was en dat ek op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was, het my geweldig frustreer. Hoe kon sy so glo as die reg haar reeds skuldig bevind het? Uiteindelik is ek 'n maand lank na Denmar-kliniek gestuur om daar met die hulp van sielkundiges van my frustrasies ontslae te raak. Deel van die terapie was om 'n brief aan haar te rig waarin ek presies uiteensit wat die gevolge van haar daad was.


Hierdie bitter brief waarin ek my haat teenoor haar uitgestort het, wou ek daar en dan aan haar oorhandig, maar haar predikant het geweier. Nadat ek met hom oor die konsep van vergifnis gepraat het, het hy voorgestel dat ek weer 'n brief aan haar moet skryf.


Eers moes ek gereed voel vir 'n radikale verandering, want in hierdie brief moes ek nie aIleen uiteensit wat sy aan my gedoen het nie, maar haar terselfdertyd meedeel dat ek haar volkome vergewe het.


Vergifnis is 'n kweipunt waarmee ek lank geworstei het; ek het ook na verskeie mense se sienings daaroor geluister. Mettertyd het ek besef die onvermoe om te kan vergewe is soos om 'n handgranaat an jou boesem te dra. lndien jy nie so gou as moontlik daarvan ontslae raak nie, vemietig jy jouself.


Vroeg in 1999 het ek vir die eerste keer geestelik gereed gevoei om aan haar 'n brief van vergifnis te stuur. Die Heilige Gees se hulp het my in staat gestel om 'n briefie op papier uiteen te sit. Vergifnis is iets waaroor ook wil getuig. Dis ongelooflik hoeveel deure God vir my oopgemaak het sedert ek die vrou in hierdie brief vergewe het. Onder andere is my derdepartysaak buite die hof geskik.

Elke oomblik van die dag is ek bewus van my probleme en onvermoëns; ook van die fisiese pyn wat voortdurend fel aan my liggaam vreet. God het met my gepraat en aan my gese om nie alewig aan die pyn self te dink nie, maar eerder mense te inspireer om hulle pyn te verwerk. My predikant het ook baie simpatiek aan my genoem dat dit dalk nie deel van God se plan is dat ek volkome herstel nie. Wanneer die pyn en beproewing te swaar word, kiou ek vas aan Romeine 8:18, wat sê dat die Iyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.


Mense wat my voor die ongeluk geken het, se dat dit soms voorgekom het asof ek my brein verafgod het. Geen struikelblok was te groot vir my en my brein nie. In 'n oogwink is alles waarop ek swaar gesteun het van my weggeneem. God wou he dat ek met my voIle gewig alleenlik op Hom rus en op Hom vertrou.


Die skille is van my oë verwyder; ek het uiteindeiik tot die voigende insig gekom: aardse myipale, prestasies, kwalifikasies, statussimbole en besigheidsuksesse is van geen belang nie. Die enigste belangrike ding in hierdie lewe is om 'n lewendige verhouding met God te hê, volkome op Hom te vertrou en ons ten voIle oor te gee aan ons hemelse Vader.


Vir baie lank het ek gebid dat God aan my 'n Bybelvers sou openbaar om my getuienis mee op te sam. Dit kos nog steeds baie inspanning om boeke, artikels of paragrawe oor hierdie onderwerp met begrip te lees. Aanvanklik kon ek nie self iets opspoor nie.


Vroeer vanjaar het ek na Impact Radio geluister toe 'n Skrifverwysing oor die lug gegee is wat die essensie van die boodskap wat ek met my getuienis wil uitdra in 'n neutedop saamvat: Wat help dit 'n mens tog om die hele wereld as wins te verkry en sy lewe te verloor?

Ek sal graag die volgende aan lesers wil oordra: Voig Jesus, dan sal jy uitvind wat dit beteken om voikome hier op aarde te lewe, sowel as om die ewige lewe te beerwe.